Komedie-drama.

Met Ewan McGregor, Christopher Plummer en Mélanie Laurent.

Regisseur: Mike Mills.

13MT.

Begin op 11 November.

Ons dink: 3/5

Waaroor gaan dit? 

’n Jong man ontdek eendag sy pa is besig om aan kanker te sterf en dat hy op 75-jarige ouderdom besluit het om aan die wêreld te erken hy was al die jare gay.

Wie sal hiervan hou?  

Die die soort rolprent wat in ’n algemene smaak sal val nie, dus moet jou smaak waagmoedig en avontuurlik wees om hierby aanklank te vind.

Die rolprent is egter baie gemaklik oor sy onderwerp; daar word nie groot gewag gemaak van die gay tema nie. Dit word terloops en op ’n natuurlike wyse hanteer.

Daar is ’n menslikheid en ’n onderspeelde warmte wat ’n mens vinnig laat aanklank vind. Beginners blaas dus nie op trompette of klim op ’n preekstoel nie, nog minder is dit kwaad oor sy onderwerp, soos so baie ander rolprente met ’n soortgelyke tema.

Dit hanteer die gay-tema terloops sonder om dit komies te maak. As jy net na ’n doodgewone en vermaaklike rolprent soek waarin jy nie rooi van verleentheid gaan word nie, is hierdie een dalk vir jou.

Dit kyk met simpatie na die dilemma van ’n getroude pa wat al die jare besef het dat hy nie werklik heteroseksueel is nie, maar wat getrou het omdat sy vriende dit gedoen het en omdat hy kinders wou hê.

Die rolprent kyk ook na die invloed wat sy keuse op sy gesin gehad het. Nie alles word oortuigend uitgebeeld nie, en Goran Visnjic as sy minnaar oorspeel te veel om werklik te oortuig.

Soortgelyke flieks

The Kids Are All Right; Milk.

Springmieliefeite

*Die hond Arthur, wat in die rolprent gespeel word deur Cosmo, is deur dieselfde afrigter opgelei as wat Moose (Eddie) in die TV-reeks Frasier opgelei het.

*Die Franse aktrise Mélanie Laurent was ’n ekstra op die stel van die fliek Asterix and Obelix toe sy deur Gérard Depardieu, wat Obelix gespeel het, raakgesien is.

Volg Huisgenoot op Twitter.