Nie een van hierdie feite was ’n faktor toe die Ferrari 250 GTO Berlinetta onlangs op ’n veiling vir sowat R400 miljoen verkoop is nie; ’n mens kan ’n klein vliegtuig daarmee koop. Die wenbod by die afslaer Bonhams maak dit die wêreld se duurste gebruikte motor.

Net 39 modelle van hierdie motor is tussen 1962 en 1964 gebou, en almal is vandag nog in een stuk. Motorkenners sal weet Ferrari het die tweesitplek-coupé in hul Maranello-fabriek gebou om aan uithouwedrenne deel te neem. Maar die verhaal van spesifiek die 3851 GT is baie interessanter.

In die era van perdekarre het die naam Berlinetta verwys na “salonrytuigie”, ’n sportsoort wat gewild was in die 17de-eeuse Berlyn.

Die 250 GTO het glad nie na sy naamgenoot gelyk nie, maar ’n ikon in die motorsportwêreld geword. Baie meen dis die mooiste Ferrari.

Party was swart, groen of blou, en daar was selfs silwer en geel modelle. Maar rooi was die oorheersende kleur, want 23 van die 39 is geverf in dié kleur, wat die Pronkende Perd se handelsmerk verteenwoordig.

Die eienaars was grootliks rykes en bekendes. Die modeontwerper Ralph Lauren, die Pink Floyd-tromspeler, Nick Mason, en die Walmart-erfgenaam Robson Walton het almal ’n 250 GTO in die motorhuis gehad.

Nog ’n eienaar was Fabrizio Violati, lid van ’n ryk Roomse familie met aansienlike sakebelange in die landbou en die bottelering en verspreiding van mineraalwater. Fabrizio het onderstelnommer 3851 GT destyds vir sowat R40 000 gekoop.

Hy het nie sy familie van die motor vertel nie en het die motor net saans bestuur sodat sy ouers nie van die kopie moes uitvind nie. Die sportmotor het die registrasienommer MO 80576 gehad; die MO staan vir Modena en die motor het steeds dié nommer. Fabrizio het toe besluit om die motor vir historiese wedrenne in te skryf.

“Fabrizio Violati het altyd net vir die pret gejaag. Hy het hard en vinnig gery, en ook sy historiese motors tot die uiterste gedryf,” lees die notas wat die motor vergesel het toe dit opgeveil word in die Quail Lodge in Carmel, Kalifornië.

Nog Ferraris het by die 250 GT aangesluit, en in latere jare is dit in San Marino uitgestal as deel van Fabrizio se versameling geliefde sportmotors wat in Maranello gebou is; die uitstalling het die goedkeuring van Enzo Ferrari self weggedra.

Die motor se verrigting is steeds uitstekend, selfs gemeet aan hedendaagse maatstawwe. Dit het ’n 3 L-V12-enijin en kan maklik 200 km/h en vinniger haal. Die brandstofverbruik word nie aangedui nie, maar dis in elk geval nie iets waaraan Ferrari-eienaars hulle steur nie.

Fabrizio is in 2010 oorlede ná baie gelukkige jare met 3851 GT, wat hy as ’n gebruikte motor betaal het, sy donker herkoms ten spyt. Die Franse privaat renjaer en gewese ski-kampioen Henri Oreiller se ongeluk met sy 250 GTO het hom sy lewe gekos. Op 7 Oktober 1962 naby Parys het ’n band tydens ’n wedren gebars en het die motor gerol. Hy is lewend uit die wrak gehaal, maar is later in die hospitaal oorlede. Hy was 36.

Die fabriek het die motor herbou en aan nog ’n renjaer verkoop, wat ’n paar jaar later ook ’n ongeluk gehad het. Die beskadigde Ferrari is herstel en was binne weke terug op die baan.

Bronne: Sapa, Bonhams.com