THM_INTLPAYOFF_GENERIC (2)

  • Thor se sage begin in 1962 in Marvel se strokiesprentboek Journey Into Mystery #83, waarin hy die aarde teen die klipmense van Saturnus verdedig.
  • Thor is biologies half-Asgardies aan sypa se kant, en half-Eldergod aan sy ma se kant. Die resultaat is dat sy vel-, spier- en beenweefsel baie digter is as ’n mens s’n.
  • Thor is in Asgard deur ’n pleegma grootgemaak, dus het hy eers dekades later sy oorsprong uitgevind.
  • Daar word gesê Thor se mistieke oorlogshamer, Mjölnir, word teen twee keer die spoed van lig geswaai. Die hamer se energie is ook sterk genoeg om ’n hele sterrestelsel te vernietig.
  • Mjölnir kan nie gelig of gebruik word deur enigiemand wat dit nie waardig is nie. Ander wat dit kon gelig, is Red Norvell, Beta Ray Bill en Captain America.
  • Nadat Loki se Frost Giant-pa, Laufey, in ’n oorlog gesneuwel het, neem Odin hom aan en maak hom saam met Thor groot. Loki raak gevaarlik jaloers op Thor en sy wrewel oor Thor se krag en heldemoed dryf hom tot die donker kunste, waarvoor hy ’n natuurlike aanvoeling het.
  • Die Bifröst is die reënboogbrug en enigste permanente portaal wat Asgard, die tuiste van die gode, aan Midgard, die tuiste van mense, verbind.
  • Iewers in die negende eeu voor Christus het Thor Aarde toe gereis om ’n verhouding met die Vikings te begin, wat hom begin aanbid het. Toe Thor uitvind sommige van hulle is moorddadig, het hy hom van alle aardse bedrywighede onttrek.
  • Loki se gekonkel het veroorsaak dat die magtigste helde op die aarde verenig het en dat Thor ’n stigterslid van The Avengers geword het.