Ontmoet die Rockstar Energy Husqvarna-fabriekrenspan (REH) wat 2016 in die MX2-klas van die Internasionale Motorfietsfederasie (IMF) se Wêreldveldfietskampioenskapsbyeenkoms gaan meeding.

Vanjaar bestaan die span uit sterk deelnemers, onder wie Max Anstie van Groot-Brittanje en Thomas Covington van Amerika, wat hul visier gestel het op die boonste trap van die podium.

Lees ook: Nuwe tekkies vir die nuwe 690 Duke

As ondersteunende ryers is daar Conrad Mewse (Groot-Brittanje), wat sal deelneem in die EMX250-klas van die Europese Veldfietskampioenskapsbyeenkoms (EV), en Yentel Martens (België), wat sal meeding in die EMX 300-klas en die vernaamste strandwedrenne. Die span word bestuur deur Jacky Martens, voormalige IMF-500cc-veldfietswêreldkampioen.

Op 26/27 Februarie sal REH in Qatar sy wêreldkampioenskapsdebuut in die MX2 maak op Hasqvarna se nuwe FC 250-motorfiets. Op 27/28 Maart sal Conrad in Valkenswaard by die span aansluit vir die EV-openingsronde.

Lees ook: Uiterste hitte pootjie byna #Dakar2016

Jacky Martins, die Rockstar Energy Husqvarna Factory Racing MX2-spanbestuurder, sê: “Ons is opgewonde om vanjaar drie uiters belowende ryers te hê. Max het in die laaste rondes van verlede seisoen bewys hy is een van die vinnigste ryers. Ons wil hom sy momentum help voortsit; ons glo hy kan vanjaar seëvier by die die MX2-wêreldkampioenskapsbyeenkoms. Ons is ook bly om Thomas in die span te hê. Ons glo hy het baie potensiaal en verwag hy sal vanjaar in die topposisies eindig. Danksy Max, Thomas en Conrad het ons ’n sterk groep. Ons kan nie wag dat die kampioenskapsbyeenkomste begin nie.”

[post-slider]

Bron: quickpic.co.za

Ook op huisgenoot.com

Die Amarok van alle Amarokke is hier

Land Rover Defender groet na 70 jaar!

Splinternuwe Lexus RX in Suid-Afrika

Mercedes-Benz-W123-modelreeks vier 40 jaar