Die aktrise was die derde keer in drie jaar suksesvol toe sy as die uitstaande hoofaktrise in ’n komediereeks aangewys is vir haar rol in Veep. Die 53-jarige het ook ’n soen van Bryan Cranston gekry toe sy op pad verhoog toe was.

Jim Parsons van The Big Bang Theory het sy vierde Emmy-prys gewen vir die kategorie beste akteur in ’n komediereeks.

Die FX-drama Fargo het die prys gewen vir die beste minireeks. Dit het ook koning gekraai in die kategorie vir uitstaande regie vir ’n minireeks, rolprent of spesiale program vir die episode Buridan’s Ass, onder die regie van Colin Bucksey. Maar al vier benoemde akteurs is met leë hande huis toe.

Die program het vanjaar 18 benoemings gehad en het ook verlede week by die Creative Arts Emmy-prysaand die prys gewen vir uitstaande rolverdeling vir ’n minireeks, rolprent of spesiale program.

Hier is die volledige lys wenners:

  • Beste dramareeks: Breaking Bad
  • Beste komediereeks: Modern Family
  • Beste hoofakteur in ’n dramareeks: Bryan Cranston, Breaking Bad
  • Beste hoofaktrise in ’n dramareeks: Julianna Margulies, The Good Wife
  • Beste hoofakteur in ’n komediereeks: Jim Parsons, The Big Bang Theory
  • Beste hoofaktrise in ’n komediereeks: Julia Louis Dreyfus, Veep
  • Beste hoofakteur in ’n minireeks of rolprent: Benedict Cumberbatch, Sherlock: His Last Vow
  • Beste hoofaktrise in ’n minireeks of rolprent: Jessica Lange, American Horror Story: Coven
  • Beste ondersteunende akteur in ’n dramareeks: Aaron Paul, Breaking Bad
  • Beste ondersteunende aktrise in ’n dramareeks: Anna Gunn, Breaking Bad
  • Beste ondersteunende akteur in ’n komediereeks: Ty Burrell, Modern Family
  • Beste ondersteunende aktrise in ’n komediereeks: Allison Janney, Mom
  • Beste werklikheidskompetisiereeks: The Amazing Race
  • Beste verskeidenheidsreeks: The Colbert Report
  • Beste Minireeks: Fargo
  • Beste televisierolprent: The Normal Heart
  • Beste skryfwerk vir ’n dramareeks: Moira Walley-Beckett, Breaking Bad
  • Beste ondersteunende aktrise in ’n minireeks of rolprent: Kathy Bates, American Horror Story: Coven
  • Beste ondersteunende akteur in ’n minireeks of rolprent: Martin Freeman, Sherlock: His Last Vow
  • Beste regie vir ’n dramareeks: Cary Joji Fukunaga, True Detective
  • Beste skryfwerk vir ’n komediereeks: Louis C.K., Louie, FX
  • Beste regie vir ’n komediereeks: Gail Mancuso, Modern Family
  • Beste skryfwerk vir ’n minireeks, rolprent of spesiale program: Steven Moffat, Sherlock: His Last Vow
  • Beste regie vir ’n minireeks, rolprent of spesiale program: Colin Bucksey, Fargo
  • Beste skryfwerk vir ’n spesiale verskeidenheidsprogram: Sarah Silverman: We Are Miracles
  • Beste regie vir ’n spesiale verskeidenheidsprogram: 67ste jaarlikse Tony-prysaand

© Cover Media