• Emma sê oor haar karakter, Nicki (gegrond op die verdagte in die regte lewe en die werklikheidstelevisiester Alexis Neiers): “Sy is ’n ingewikelde karakter omdat sy amper drie verskillende personas het wat sy gelyktydig laat uitkom.”
  • Praat van ironies! Emma se beursie is tydens die verfilming gesteel.
  • Sy het na werklikheidsreekse soos Keeping Up with the Kardashians en The Hills gekyk en na Britney Spears se album Femme Fatale geluister om haar karakter beter te verstaan.
  • Emma studeer by Brown-universiteit. “Ek voel baie geseën om dit te kan doen. Hopelik vang ek volgende jaar graad. Dit sal baie koel wees.”
  • Haar ouers is albei prokureurs, maar Emma wou nog altyd ’n aktrise word. “Ek sou nooit my ouers kon vergewe as hulle my daardie geleentheid ontsê het nie. Ek is mal oor toneelspeel.”
  • Sy is ’n ware huishen. “Mense sê vir my goed soos: ‘Dis baie koel dat jy nie uitgaan en dronk word en na klubs toe gaan nie.’ Ek is van nature ’n introvert, dis nie ’n doelbewuste besluit wat ek neem nie.”

Volg haar op Twitter: @EmWatson

BRONNE: youtube, imdb.com, marieclaire.com, eonline.com