Kaal open eersdaags in die Atterbury-teater in Pretoria en ná ’n uiters suksesvolle jaar vir Elvis se musiekloopbaan, beloof Kaal om alle verwagtinge te oortref! Elvis het vanjaar skoonskip by die Ghoema-toekennings gemaak en die rekord gebreek vir die kunstenaar wat die meeste toekennings nog gewen het – altesaam sewe! Hy het vanjaar ook sy eerste Engelse album, Optics, uitgereik en sy toer met die album Êrens in die Middel Van Nêrens was heeltemal uitverkoop nog voordat enige bemarking daarvoor gedoen is.

A photo posted by Elvis Blue (@elvisbluemusic) on

Lees ook: Elvis Blue slaan asem weg in splinternuwe musiekvideo

Boonop het Elvis ook vanjaar sy vierde Sama-prys huis toe gevat vir sy kosbare bydrae tot die musiekbedryf. Nou is dit tyd vir Kaal, ’n produksie wat Elvis saam met sewe ander topmusikante verhoog toe neem, om die eerlike, rou kant van sy lewe aan die verhoor te wys. Kaal bevat ’n versameling van ou en nuwe liedjies wat Elvis gaan sing saam met eerlike verhale uit sy eie lewe. Kaal is van 20-22 September in die Atterbury-teater in Pretoria te sien en kaartjies is by Computicket beskikbaar.

WEN

Huisgenoot gee nou drie gelukkige paartjies elk die geleentheid om kaartjies vir Kaal te wen!

Jy en ’n metgesel kan Elvis vanaf 20-22 September in die Atterbury-teater sien. Die wenners sal die geleentheid kry om Elvis te ontmoet en ’n glasie wyn agter die verhoog te geniet. Hulle sal ook elk ’n album met Elvis se handtekening ontvang.

SMS die woord ELVIS, die antwoord op die vraag, jou naam en adres voor 17:00 op 15 September na 35407*

VRAAG: Wat is die naam van Elvis se nuutste verhoogproduksie?

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes: Die kompetisie is oop van 8 September 2016 tot 15 September 2016. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e kan nie gebruik word om in te skryf nie. Jy moet die eienaar wees van die selfoon of die eienaar se toestemming hê om die selfoon te gebruik. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Personeellede van Media24 en die borg (Elvis Blue en die produksiemaatskappy) sowel as hul familie, mag nie inskryf nie. Jy moet die vraag korrek beantwoord om in aanmerking te kom vir die prys. Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking en telefonies in kennis gestel word. Ons sal drie keer binne sake-ure probeer om ’n wenner te kontak. As hy of sy nie bereik kan word met een van die drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner gekies word. Media24 en die borg van die prys aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat mag spruit uit deelname aan die kompetisie nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie. Die borg is verantwoordelik daarvoor om die prys binne ’n redelike tyd te verskaf (4-6 weke). Dit is die wenner se verantwoordelikheid om ’n korrekte posadres en/of ’n afleweringsadres te verskaf waar die prys gedurende die dag afgelewer kan word. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore pryse as gevolg van ’n wenner wat nie beskikbaar was ten tyde van aflewering nie en/of die prys nie betyds by die poskantoor afgehaal het nie. As jy inskryf vir die kompetisie, aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te kontak met promosies en ander bemarking.