Gumtree bied braai-liefhebbers ‘n braai geskenkpak van R10 000!
Afrikaans 600 x 450
'Die prys is perfek om Nasionale Braaidag te vier.'

Braai-liefhebbers staan ‘n kans om Braaian Webber, die ster van die onlangse Gumtree Me, Please! TV advertensie, en van sy gewillige vriende te wen. Die prys is perfek om Nasionale Braaidag te vier met ‘n totale waarde van R10 000. Inskrywings vir die kompetisie begin die 14de September en sluit weer die 22ste September 2015.

Die proses is eenvoudig; kyk Braaian Webber se video op YouTube en volg die maklike stappe om op sy persoonlike advertensie te reageer.