’n Huisgenoot-joernalis kry ’n fantastiese geleentheid: om die MTV European Music Awards Sondagaand in Amsterdam by te woon.

[caption id="attachment_58618" align="alignnone" width="600"]Ek gaan beslis vir Katy Perry te sien kry! Ek gaan beslis vir Katy Perry te sien kry![/caption]

Dis die soort geleentheid wat elke vermaakjoernalis begeer: die kans om die een of ander internasionale toekenningsgeleentheid by te woon. Myne het heel onverwags opgeduik. Nadat ek maande gelede ’n versoek ingestuur het, het iemand my gebel om te vra of ek belangstel om die MTV European Music Awards in Amsterdam by te woon. Hmmm, dit het my ’n hele vyf sekondes gekos om te skree: natuurlik, ja!

En so het die reis begin. Die groep wat gaan (ek vlieg saam met Highveld se Anele Mdoda en 5Fm se Rob Forbes) word elke dag behoorlik op hoogte gehou. “Katy Perry gaan die EMAs aanbied”; “Miley Cyrus en Snoop sal optree”; “‘The Killers is by die optredelys gevoeg”. Die lys hou net aan.

Noudat ek oor ’n paar uur vlieg, hol ek soos ’n afkophoender rond. As jy vir ’n weeklikse tydskrif werk, gaan die lewe aan. Spertye moet gehaal word en inpak was nie juis ’n prioriteit nie. Ek was trouens elke aand van hierdie week by funksies. Dis ’n geringstelling om te sê my lewe was ’n bietjie bedrywig.

Maar dis juis in daardie dolle, deurmekaar oomblikke dat jy die beste inhoud kry en die beste stories lewer. Amsterdam, die EMAs en MTV, hier kom ons!

- Jessica Levitt

Jessica Volg Jessica by @Jesslevitt en @Huisgenoot op Twitter vir die varsste nuus oor die EMA's.