[post-slider]

Die tweede generasie Figo sal in die laaste kwartaal by plaaslike handelaars te koop wees en boonop dié keer as ’n sedan ook.

Ford het nog min inligting oor die Figo vrygestel, maar dit sal weer met ’n keuse van petrol- en turbodieselenjins te koop wees. Boonop sal die sedanmodel ook met ’n outomatiese ratkas beskikbaar wees.

Daar sal ook glo ’n groter verskeidenheid van afwerkingsvlakke wees, terwyl die Figo ook met moderne tegnologie sal spog.