Komedie.

2011. 98 min.

Met Danny McBride, James Franco en Natalie Portman.

Regie: David Gordon Green.

16TNG.

Ons dink: 3/5

In ’n era van nuwe weergawes van ou flieks staan hierdie rolprent uit, want dis dalk die eerste in sy soort: ’n daggakop-fantasiekomedie.

Fantasieflieks wat in die Middeleeue afspeel, is al voorheen in komedies omskep, soos Monty Python and the Holy Grail en The Princess Bride.

Maar al word hierdie flieks onthou, het hulle nooit dieselfde waansinnige vlak van verspotheid as Your Highness bereik nie.

Die storie speel af in die mistieke koninkryk Mourne, waar ’n aantreklike prins (Franco) sy bruid (Zooey Deschanel) probeer red nadat ’n bose towenaar (Justin Theroux) haar ontvoer het.

Sy lomp broer (McBride) en ’n vurige krygerprinses (Portman) gaan saam met hom.

Die grappies is onder die belt, maar as jy in die bui is daarvoor, is dit meestal skreeusnaaks. En dit lyk of die span akteurs al die verspottigheid gate uit geniet het.

Ekstras: kortflieks, uitgesnyde tonele, blapse.

KLIK HIER om jou DVD van kalahari.com te bestel.

Volg Huisgenoot op Twitter.