antasie-aksie.

Met James Mc-Avoy, Michael Fassbender, Jennifer Lawrence en Kevin Bacon.

Regie: Matthew Vaughn.

2011. 126 min.

13G.

Ons dink: 4/5

Hierdie stylvolle voorloper van die vier ander X-Men-flieks vertel hoe dit gebeur het dat Professor X, ook bekend as Charles Xavier (McAvoy), en Magneto oftewel Erik Lehnsherr (Fassbender) so drasties daaroor ver-skil of die mensdom mutante as vriend of vyand moet beskou.

In 1962 smee die heerssugtige Sebastian Shaw (Bacon) planne om ’n kernoorlog tussen Rusland en Amerika te ontketen.

Die hele mensdom sal dan uitgewis word en dit sal die weg vir mutante baan.

Charles werk met die Amerikaanse regering saam om hom te keer en help jong uitgeweke mutante hul magte ten goede aanwend. Sy pad kruis met dié van Erik, wat teen Shaw wil wraak neem omdat hy sy ma vermoor het.

Dit is ’n ander soort lokettreffer dié. Dis intelligent en gaan meer oor karakters as ontploffings, al is die aksie boeiend.

Dis ’n slim vermenging van fiksie en feite met akteurs wat eerder vir hul talent as hul voorkoms bekend is.

Volg Huisgenoot op Twitter.