Ons dink: 3/5

2011. 118 min.

O.

Komedie-drama.

Die wewenaar Benjamin (Matt Damon) los sy werk en wil ’n nuwe lewe vir hom en sy twee kinders skep. Hy koop ’n diere­tuin, kompleet met ’n opsigter (Scarlett Johansson) en ’n eklektiese personeel.

Al is die storie ietwat voorspelbaar, slaag die regisseur, Cameron Crowe, daarin om beminlike karakters te skep.

In die geheel is die fliek bekoorlik, en jy kan nie anders as om saam met die karakters te lag en huil nie. Dis vermaaklike kykstof met iets vir die hele gesin.

Kyk dit as jy Elizabethtown geniet het.

Volg Huisgenoot op Twitter.