Spanningsdrama.

Met Oliver Ackland, Alex Russell en Adelaide Clemens.

Regie: Ben C. Lucas.

2010. 93 min.

18GTD.

Ons dink: 3/5

Die meeste Suid-Afrikaanse fliekgangers is so gewoond aan Hollywood se resepte dat dit soms moeilik is om aan ’n ander manier van doen vat te kry. Wasted on the Young, ’n Australiese fliek oor hoërskoolintriges, is inderdaad iets anders.

Dit gaan oor Darren en Zack, ryk stiefbroers in ’n skynbaar ouerlose huis. Darren is ’n skaam bleeksiel. Hy is verlief op die mooi Xandrie en sy hou van hom.

Zack is die gewildste ou in die skool. By een van sy oordadige partytjies kan Darren nie die moed bymekaarskraap om met Xandrie te praat nie. Zack word jaloers en gebruik sy kans: Hy en sy makkers maak haar dronk, verkrag haar en gaan laai haar bewusteloos op ’n strandduin af.

Dan volg wraak, illusie, liefde, ontkenning en geweld.

Die storie vloei stadig, maar die stilering is baie gedetailleerd en boei ’n mens. Tog neem die fliek homself soms te ernstig op.

Volg Huisgenoot op Twitter.