Ons dink: 4/5

2011. 134 min.

13TG.

Aksiedrama.

Die vegter Tommy keer na Pittsburgh terug om sy pa (Nick Nolte), ’n gerehabiliteerde alkoholis, te vra om hom vir ’n gevegskunstoernooi af te rig.

Intussen sukkel sy vervreemde broer, Brendan (Joel Edgerton), ’n gesinsman, om kop bo water te hou en besluit om aan dieselfde toernooi deel te neem.

Hierdie roerende fliek volg die resep vir inspirerende sportflieks, maar die geloofwaardige agtergrond, realisties disfunksionele gesin en uitstekende spel laat jou van die gedwonge draaiboek vergeet.

Die kyker ondersteun albei mededingers en dis geen uitgemaakte saak wie gaan wen nie. Die gevegte is boeiend en intens, maar nie vir sensitiewe kykers nie.

Volg Huisgenoot op Twitter.