Aksieriller. 

Met Liam Neeson, Diane Kruger, Frank Langella en Bruno Ganz. 

Regie: Jaume Collet-Serra.

2011. 113 min.

13G.

Ons dink: 3/5

Die bio-tegnoloog dr. Martin Harris (Neeson) kom in Berlyn aan vir ’n konferensie. Toe hy sy aktetas met sy paspoort in by die lughawe vergeet, volg ’n reeks gebeure wat daarop uitloop dat hy dae later in die hospitaal bykom met gedeeltelike geheueverlies.

Daarby ken sy vrou hom nie en ’n ander man beweer hy’s eintlik hy.

Martin moet nou met ’n taxibestuurder (Kruger) se hulp bewys wie hy is. Intussen wil ’n gewelddadige maniak hom vermoor . . .

Dit is ’n bietjie te dik vir ’n daalder dat Neeson se karakter, ’n nors wetenskaplike, skielik in ’n aksieheld ontpop, wat nog te sê iets so onnosels aanvang soos om sy aktetas by die lughawe te los.

Die aksie het jy al voorheen gesien, maar daarvoor vergoed slim kinkels in die storie en goeie spel deur Kruger, Langella as Martin se geheimsinnige “vriend” en Ganz as Jürgen, ’n voormalige Oos-Europese spioen vir wie die Koue Oorlog nog woed.

Bonus: kortflieks.

Volg Huisgenoot op Twitter.