Western.

2010. 110 min.

Met Jeff Bridges, Hailee Steinfeld en Matt Damon.

Regie: Ethan Coen en Joel Coen.

16G.

Ons dink: 4/5

Wraak kan ’n aaklige ding wees, maar as die mens wat wraak soek ’n 14-jarige meisie met ’n wil van haar eie is, raak jy as kyker nogal opgewonde oor die vooruitsig van wraaksugtige aksie.

En as die milieu die Wilde Weste is, hoe kan ’n mens anders as lekker kry?

Die Coen-broers se verwerking van Charles Portis se roman – dit is ook in 1969 verfilm met John Wayne as Marshal  Rooster Cogburn – gryp jou aan jou kraag en neem jou saam met Cogburn (Bridges), Mattie Ross (Steinfeld) en die Texas Ranger LeBoeuf (Damon) op ’n sending om die moordenaar van Mattie se pa, Tom Chaney (Josh Brolin), vas te trek.

Die drie se rapport met mekaar verskaf al klaar genoeg vermaak vir jou geld, en dan is daar ook nog die individuele vertolkings.

Steinfeld, in haar eerste fliekrol, is briljant as Mattie en al Rooster se manewales verskaf Bridges duidelik pret.

Bonus: dokkies.

Volg Huisgenoot op Twitter.