Wetenskapsfiksie.

Met Jeff Bridges en Garrett Hedlund.

Regie: Joseph Kosinski.

2010. 120 min.

OG.

Ons dink: 4/5

Bridges skitter as Kevin Flynn/CLU wanneer hy die rol hervat in hierdie opvolgfliek wat ter ere van Tron, die oorspronklike rolprent van 1982, gemaak is.

Altesaam 20 jaar nadat Flynn geheimsinnig verdwyn het, bestuur sy seun, Sam (Hedlund), sy pa se sagtewareonderneming. Dan kry hy dit per ongeluk reg om in ’n virtuele wêreld genaamd die Grid te beland.

Ná ’n verstommende toneel in ’n speletjie-arkade ontmoet Sam CLU, ’n digitale kopie van sy pa, en dié maak hom amper dood.

Quorra (Olivia Wilde) red hom en herenig hom met sy regte pa. Dit blyk hy was al die tyd in die Grid vasgekeer ná ’n uitval met CLU. Sam besluit om na die regte wêreld terug te keer waar hy CLU kan uitvee, maar dis nie maklik nie.

Vir ernstige rolprentaanhangers kan die storie ietwat teleurstellend wees. Maar die skouspelagtige avontuur se

spesiale effekte, die produksieontwerp en gevegstonele sal jou asem wegslaan.

Bonus: kortflieks.

WEN: Vyf lesers sal elk ’n DVD van Tron: Legacy wen. 

SMS die van van die akteur wat Kevin Flynn speel, jou naam en adres voor 12 Mei om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik vir die versending van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.