Skerpskertsery. 

2011. 99 min. 

Met Trevor Noah.

Regie: Trevor Noah.

13O.

Ons dink: 4/5

Hierdie DVD is opgeneem tydens ’n vertoning van sy Goodbye for Now-toer van Suid-Afrika voor hy na Amerika vertrek het, en Trevor lewer van sy kenmerkende vlymskerp kommentaar wat geen doekies omdraai nie.

Dit kan selfs gesoute vermaakkunstenaars ontsenu as hulle 100 minute lank in ’n stampvol teater alleen op die verhoog moet deurbring, maar hy gee die pas versigtig aan en kry die gehoor aan sy kant, en hy oorrompel hulle met ’n skreeusnaakse einde.

Hy erken die dwaashede wat politici daagliks kwytraak, maak hulle amper ’n te maklike teiken, maar kry nogtans nuwe maniere om die draak te steek met die ZumasMalemas en Zilles van die land.

Maar alle aspekte van die Suid-Afrikaanse lewe loop deur.

Onder die vele hoogtepunte is ’n kykie na plaaslike taalgebruik en dit loop dan onverwags uit op ’n parodie (moontlik uit die vuis) van ’n denkbeeldige vampierreeks op e.tv – Venekula!

Noah is in sy eie klas, want sy grappe sit jou aan die dink wanneer die lagbui lankal verby is. Ons het ouens soos dié nodig.

Volg Huisgenoot op Twitter