Ons dink: 3/5

2012

107 min

13T

Romantiese komedie

Woody Allen het pret met sy karakters terwyl hy weer siniese waarnemings oor ons samelewing maak. Die fliek speel af in Rome en ons sien die gebeure deur ’n verkeersbeampte se oë. Dit handel oor vier paartjies. Leopoldo en Sofia se lewe verander oornag toe hy beroemd raak.

Die pasgetroude Antonio en Milly het hierheen getrek om ’n nuwe lewe te bou. Die Amerikaanse Sally en Jack, ’n argitektuurstudent, kry besoek van haar aktrise-vriendin. En die Amerikaanse toeris Hayley staan ná ’n somerromanse op trou met ’n plaaslike prokureur, Michelangelo.

Allen is Hayley se pa, Jerry, ’n oud-operaregisseur wat belangstel in Michelangelo se pa, ’n lykbesorger wat in die stort sing. Lekker kykstof vir geharde Allen-aanhangers of fliekvlooie op soek na iets anders, snaaks en met ’n boodskap.

– LYNN ELY