Ons dink: 3/5

2011. 112 min.

13OG.

Fantasiedrama.

Aanhangers kon skaars wag vir die voorlaaste aflewering van die Twilight Saga-fliekreeks waarin die vampier Edward Cullen met sy mense-meisie, Bella Swan, trou.

Bella raak swanger, maar die fetus is so sterk dat sy dalk nie tot die geboorte sal bly leef nie.

Sal Edward toelaat dat Bella in ’n vampier verander word om haar lewe te red? En sal die weerwolf Jacob bloot toekyk terwyl die baba en sy eie trop Bella se lewe in gevaar stel?

Die aksietonele is yl gesaai, maar die romantiese troue en dramatiese geboorte vergoed daarvoor.

Volg Huisgenoot op Twitter.