Drama.

Met Brad Pitt, Jessica Chastain en Sean Penn.

Regisseur: Terrence Malick.

2011. 133 min.

13TG.

Ons dink: 4/5

Ek het nog niemand teëgekom wat dink The Tree of Life is middelmatig of net oukei nie. óf jy haat dit óf dit verander jou lewe ten goede.

Dis ’n uiters ambisieuse kunswerk deur die regisseur Terrence Malick (wat ook verantwoordelik was vir rolprente soos The Thin Red Line en Days of Heaven) oor die groot lewensvrae: Wie en wat is ons en wat maak ons hier op aarde?

Asemrowende beelde oor die vorming van die kosmos word verweef met ’n verhaal oor ’n gesin in die 50’s op ’n klein dorpie in Texas.

Alles wat uitgebeeld word, is taamlik abstrak en dis grotendeels net ’n sameflansing van beelde en gevoelens.

Tog is dit so meesleurend en bevredigend dat dit jou horisonne verbreed oor wat ’n fliek veronderstel is om te wees. 

Brad Pitt en Jessica Chastain se spel is goed, maar veral die ongekunsteldheid van die kinders (Laramie Eppler en Hunter McCracken) beïndruk. Moet dit nie misloop nie.

Volg Huisgenoot op Twitter