Ons dink: 4/5

2011. 116 min.

16TSNG.

Riller

Teken in op Huisgenoot

’n Plastiese chirurg (Antonio Banderas) hou ’n pragtige jong vrou gevange in sy verskanste huis en voer proefnemings op haar vel in sy laboratorium uit.

Sy huishoudster se misdadige seun daag op, en verkrag die gevangene.

Die chirurg skiet hom, en ’n boeiende verhaal ontvou oor die chirurg se vrou en dogter wat albei selfmoord gepleeg het, ’n geslags­verandering en ’n vrou wat in die ewebeeld van die chirurg se oorlede vrou omskep word.

Dié fliek van die legendariese Spaanse regisseur Pedro Almodóvar sal jou uitboul met sy pragtige stilering en puik storie, maar daar is ook ’n boodskap oor identiteit, geslagsrolle en begeerte.

Spaans met Engelse onderskrifte.

Volg Huisgenoot op Twitter.