Ons dink: 4/5

2011. 103 min.

A.

Animasiekomedie.

Teken in op Huisgenoot

Terwyl hy en sy meisie vakansie hou, gaan wys Gary (Jason Segel) sy broer die oorspronklike Muppet Studios.

Die broers is verslae toe hulle hoor ’n oliemagnaat wil dit sloop en hulle spring aan die werk om die Muppets vir ’n telethon te herenig.

Dis moeilik om ’n waardige opvolg vir Jim Henson se The Muppet Movie van 1979 te maak, maar die vervaardigers vaar goed met roerende liedjies, ligte humor en karakters wat nog net so weerbarstig is.

Die Muppets is ook nog ewe idealisties en vrolik. Gesinne sal hulle in ’n oulike fliek vol pittighede verlustig.

Volg Huisgenoot op Twitter.