Aksie.

2011. 95 min.

Met Jason Statham, Ben Foster en Donald Sutherland.

Regie: Simon West.

16TSG.

Ons dink: 2/5

In hierdie fliek, wat op ’n Charles Bronson-aksiefliek uit die 70’s gegrond is, vertolk Jason Statham die soort rol wat hom bekendgemaak het: Arthur is ’n kil moordenaar wat alleen woon en betaal word om take te hanteer waarvan sy gierige werkgewers eerder wil vergeet.

Toe hy beveel word om sy enigste vriend (Sutherland, wat in ’n klein rolletjie die fliek se aansien verhoog) te vermoor, kom die man se alkoholisseun (Foster) hom vra om hom op te lei.

Hy wil sy pa se moord wreek, min wetend wie die moordenaar is.

The Stath se karakter, Arthur, is niks meer as ’n leë dop wat wreedaardig moor nie, en die pogings om hom ’n gewete te gee is flou en teenstrydig.

Foster is irriterend en onsimpatiek en dis moeilik om te glo Arthur sal so ’n roekelose las duld.

Van die aksietonele is slim en spannend, maar verval vinnig in nare, sinlose geweld. Net vir aksieverslaafdes.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Loer hier na die lokprent.