Riller.

Met Matthew McConaughey en Ryan Phillippe.

Regie: Brad Furman.

2011. 113 min.

16TG.

Ons dink: 4/5

Matthew McConaughey is op sy stukke in dié regsriller wat op die roman deur Michael Connelly gegrond is.

Hy speel Mickey Haller, ’n onversteurbare gladdebekprokureur wat sy praktyk uit sy Lincoln-motor met ’n motorbestuurder bedryf.

Hy is in sy noppies toe hy aangestel word om ’n ryk jong man (Phillippe) te verdedig wat daarvan beskuldig word dat hy ’n prostituut wreed aangerand het, tot hy besef iets is nie pluis met die saak of met sy kliënt se bewerings dat hy onskuldig is nie.

Daarna volg die een kinkel blitsig op die ander en baie daarvan is nie heeltemal geloofwaardig wanneer jy hulle van nader bekyk nie. Maar dit word so seepglad aangebied dat jy dit skaars agterkom.

Nes McConaughey en Phillippe is die res van die rolverdeling skitterend – onder wie Marisa Tomei as Haller se eksvrou en ’n aanklaer; Breaking Bad se Bryan Cranston as ’n polisieman; William H. Macy as Haller se ondersoeker, en The L Word se Katherine Moennig as nog ’n kliënt van Haller.

Volg Huisgenoot op Twitter.