Ons dink: 4/5

2011. 100 min.

13OG.

Bio-rolprent.

Die voormalige Britse premier Margaret Thatcher (Meryl Streep), nou al oor die 80, maak ná haar geliefde man, Denis (Jim Broadbent), se dood sy klerekas leeg. Herinneringe wel by haar op oor haar lewe en omstrede loopbaan.

Streep het haar derde Oscar verdien vir haar merkwaardige spel wat dié knap rolprent in so ’n mate oorheers dat sy die ander uitstekende akteurs in die skadu stel. Die regisseur, Phyllida Lloyd, vermy die clichés van bio-prente deur vindingryk van stemmingsvolle kleure, kostuums en kamerahoeke gebruik te maak.

Die intelligente draaiboek skep ’n afgeronde beeld van ’n figuur wat verdeeldheid gesaai het, en beeld haar as mens uit sonder om van die gevolge van haar beleid weg te skram.

Volg Huisgenoot op Twitter.