Ons dink: 4/5

2011. 97 min.

16T.

Politieke drama. 

’n Jong veldtogbestuurder (Ryan Gosling) vir ’n Amerikaanse presidentskandidaat (George Clooney) word ingelok by ’n geheime vergadering met die opponerende kandidaat se bestuurder (Paul Giamatti).

Dit sit ’n rits gebeure op tou wat sy en sy werkgewer se loopbaan kan maak of breek.

Dit is die vuil agter-die-skerms- kant van politiek wat jy nie sien wanneer glansryke kandidate op TV vir jou die wêreld beloof nie.

Die Oscar-benoemde draaiboek hou die spanning vol terwyl die karakters genadeloos teen mekaar saam­sweer.

Clooney, wat ook die regie behartig het, is uitstekend, maar dis Gosling wat jou boei met ’n foutlose vertoning. ’n Moet.

Volg Huisgenoot op Twitter.