Ons dink: 4/5

2011. 140 min.

13OTV.

Hierdie hartverskeurende maar inspirerende fliek speel af in die 60’s in Jacksonville, Mississippi – ’n nes van rassespanning.

’n Aspirantskrywer, Skeeter (Emma ­Stone), wil onderhoude voer met die swart bediendes wat wit kinders grootmaak, maar nie dieselfde badkamer mag gebruik nie.

Twee vroue, die stoïsynse Aibileen (Viola Davis) en die uitgesproke Minny (Octavia Spencer, wat ’n Oscar vir haar spel gewen het), stem in en gou is die dorp in rep en roer.

Die tydperk word versigtig herskep en droë humor temper die werklikheid.

Die rolverdeling is uitstekend, met Jessica Chastain as ’n verstrooide verstoteling en Bryce Dallas Howard as ’n rassistiese sosiale vlinder.

Volg Huisgenoot op Twitter.