Aksie-komedie.

2011. 119 min.

Met Seth Rogen, Jay Chou en Cameron Diaz.

Regie: Michel Gondry.

13TG.

Ons dink: 3/5

Die komediant Seth Rogen speel Britt Reid, ’n leeglêer en rokjagter wat nie met sy pa, ’n koerantmagnaat, oor die weg kom nie.

Sy lewe word op sy kop gekeer toe sy pa skielik sterf en hom in beheer van ’n groot mediaryk laat. Hy smee ’n onwaarskynlike vriendskap met sy pa se vertroueling en assistent, Kato (Chou).

Dié is ’n kenner van die krygskuns en die twee word superhelde wat misdaad beveg.

Maar dan dreig ’n misdaadbaas om Britt en Kato se geheim te onthul en hul verhouding versuur toe albei op dieselfde meisie (Diaz) verlief raak.

Die fliek is op ’n radioreeks uit die 30’s gegrond en die eintlike held daarin is Chou – hy sit agter al die aksie. Van Diaz is min te sien, maar sy doen haar bes. Die draaiboek – Rogen was medeskrywer – is nie sleg nie, maar die humor val by tye plat.

Hou verby as jy geen aanhanger van die superheldgenre is nie.

Volg Huisgenoot op Twitter.