Historiese drama.

Met Channing Tatum, Jamie Bell en Donald Sutherland.

Regie: Kevin McDonald.

2011. 112 min.

13G.

Ons dink: 3/5

IN 140 n.C. kom ’n Romeinse hoofman (Tatum) Brittanje toe om sy familie se naam in ere te herstel. Hy wil die arendvaandel van die negende legioen opspoor wat verlore geraak het toe sy pa en sy manskappe in die Skotse wildernis verdwyn het.

Hy red die lewe van ’n Keltiese slaaf (Bell) en dié stem in om hom na die noorde te lei op soek na die waarheid.

Die fliek se vars invalshoek verskil van die gewone Romeinse avontuur en al is dit nie volkome geslaagd nie, bied dit goeie toneelspel en uitstekende oorlogstonele.

Die eerste helfte van die fliek, waarin Tatum sy man­skappe oortuigend in ’n veldslag teen die Kelte lei, is aangrypend en wys hoekom die Romeine ander nasies verpletter het. Ongelukkig steek die tweede helfte, waarin die twee helde die onbekende binnegaan, daarby af.

Die landskap is asemrowend en Bell en Tatum se interaksie boeiend, maar gerieflike toeval laat hul soektog darem te maklik lyk.

Bonus: Alternatiewe einde, uitgesnyde tonele, kortfliek, kommentaar.

Volg Huisgenoot op Twitter.