Ons dink: 2/5

2011. 104 min.

18GST.

Ware lewensdrama.

Dié blik op die gebeure wat in die laat 1980’s in Saddam Hoesein se paleis afspeel, is afgryslik, oordrewe en gemeen.

Sy seun Uday (Dominic Cooper) ontbied die toegewyde Irakse soldaat Latif Yahia (ook Cooper) en dwing hom om sy dubbelganger te word.

Cooper slaag uitstekend daarin om twee uiteenlopende karakters te skep.

Al lyk hulle so te sê identies, twyfel kykers nooit of hulle die psigotiese Uday of die beginselvaste Latif voor hulle sien nie.

Die probleem is, vroeër of later raak soveel gewelddade, verkragting en dwelmmisbruik vervelig.

Voeg egter nog ’n ster by as jy ’n aanhanger van epiese bendeflieks soos Scarface is.

Volg Huisgenoot op Twitter.