Drama.

2010. 103 min.

Met Ryan Phillippe, Taylor Kitsch, Frank Rautenbach en Neels van Jaarsveld.

Regie: Steven Silver.

16TGD. 

Ons dink: 3/5

Suid-Afrikaanse joernaliste van die laat 80’s en 90’s het Joao Silva (Van Jaarsveld), Greg Marinovich (Phillippe), Kevin Carter (Kitsch) enKevin Oosterbroek (Rautenbach) goed geken – hulle was die fotograwe vir wie jy foto’s oor die politieke onrus gevra het.

Die fliek, wat op Marinovich se boek gegrond is, bied ’n blik op apartheid se bloedige einde in die townships soos die groep, later bekend as die Bang Bang Club, dit ervaar het.

Hulle is geloof omdat hul fotografiese bewyse van afgryslike gebeure gelewer het, maar hulle is ook uit alle oorde aangeval en moes met twyfel worstel – wanneer hou jy op foto’s neem en begin help?

Die fliek beklemtoon hierdie konflik uitstekend, maar probeer onoortuigend die fotograwe se persoonlike lewe romantiseer.

Phillippe is ’n sterk hoofkarakter as die vreeslose Marinovich, al een wat skynbaar oorleef het met sy loopbaan ongedeerd. Oosterbroek is in Tokoza doodgeskiet, Carter het selfmoord gepleeg en Silva het in 2010 sy bene in ’n landmynontploffing verloor.

Volg Huisgenoot op Twitter.