Ons dink: 4/5

2012. 137 min. 13G.

Wetenskapsfiksie-avontuur.

Toe die halfgod Loki (Tom Hiddleston) die aarde aanval, werf Nick Fury (Samuel L. Jackson) vir Thor (Chris Hemsworth), Captain America (Chris Evans), Iron Man (Robert Downey jr.) en Bruce Banner (Mark Ruffalo) om hom te stuit.

Die sluipmoordenaars Hawkeye (Jeremy Renner) en Black Widow (Scarlett Johansson) kom hulle ook help. Dis die droom van talle strokiesboekaanhangers: Marvel se superhelde wat saamspan vir ’n rolprent-avontuur. Maar dis ’n uitdaging om ’n samehangende fliek oor ’n halfgod, ’n groen monster, ’n man in ’n metaalpak en ’n supersoldaat te maak.

Gelukkig verstaan Joss Whedon, die skepper van Buffy the Vampire Slayer, die kuns om skerp dialoog te skryf en om aksietonele en ’n groot rolverdeling te hanteer. Die uiteinde is ’n fliek met ’n brein, humor en klem op karakterwisselwerking. Ou en nuwe aanhangers sal dit geniet.

- Sandra Visser