Ons dink: 3/5

2011. 97 min.

13O.

Drama.

Dié stilprent was vanjaar die gunsteling by prysaande. Dit is met vyf Oscars bekroon, onder meer vir die beste rolprent en beste akteur (Jean Dujardin).

In 1927 ontmoet George Valentin (Dujardin), Hollywood se grootste ster, die aspirantaktrise Peppy Miller (Bérénice Bejo) en gee haar loopbaan ’n hupstoot.

Maar met die koms van klank skitter Peppy ál helderder, terwyl George in vergetelheid versink.

Die kombinasie van ou en nuwe filmtegnieke is betowerend, en al voel die gebrek aan dialoog eers vreemd en kom die storie stadig op dreef, voer die sjarmante akteurs jou gou mee en laat die slot jou met ’n breë glimlag.

Volg Huisgenoot op Twitter.