Riller.

Met George Clooney, Violante Placido en Thekla Reuten.

Regie: Anton Corbijn.

2010. 101 min.

16GSN.

Ons dink: 4/5

Jack (Clooney), ’n sluipmoordenaar, probeer van sy gewelddadige verlede wegvlug. Hy skuil op ’n Italiaanse dorpie terwyl hy hopelik sy laaste opdrag voor sy aftrede uitvoer:

Hy moet ’n spesiale geweer vir ’n ander sluipmoordenaar (Reuten) maak. Of is alles oëverblindery en is hy dalk self die teiken?

Intussen raak hy op ’n prostituut (Placido) op die dorp verlief – maar is daar enige hoop vir hulle?

Moenie ’n gewone Hollywood-skop-en-skiet-fliek verwag nie; dis ’n fliek in die Europese styl met min aksie en dialoog.

Dit is atmosfeerryk en soos Sergio Leone se klassieke Western-flieks dra dit stadig sy boodskap oor: ’n Lewe van geweld haal jou in en jy word nie maklik bevry nie.

Danksy die legendariese fotograaf Corbijn is The American beslis iets vir die oog: Elke beeld is volmaak geraam en belig. Clooney is briljant; elke oomblik van sy wroeging oortuig. ’n Ryk fliekervaring.

Bonus: kortfliek, kommentaar, uitgesnyde tonele.