Rating: 4/5

2011. 103 min.

OG.

Animasie-avontuur.

Die onverskrokke verslaggewer en geliefde held van die Belgiese strokiesboekskrywer Hergé en sy opwindende, gebeurtenisvolle wêreld kry in hierdie knap vervaardigde lokettreffer nuwe lewe, danksy twee meesters, die regisseur Steven Spielberg en die vervaardiger Peter Jackson.

Die verhaal speel in verskeie wêrelddele af, is ’n kombinasie van drie strokies­boeke en draai om modelskepe waarin leidrade oor skatte op ’n skeepswrak versteek is.

Die getroue uitbeelding van die kleur­ryke karakters is ’n hoogtepunt en veral Tintin se vriend die knorrige kaptein Haddock word volmaak deur Andy Serkis vertolk.

Volg Huisgenoot op Twitter.