Wetenskapsfiksie-avontuur.

Met Rowan Blanchard, Mason Cook, Jessica Alba, Jeremy Piven en Joel McHale.

Regie: Robert Rodriguez.

2011. 84 min.

O.

Ons dink: 3/5

NĂ¡ haar laaste sending tree die spioen Marissa Wilson (Alba) uit om saam met haar man (McHale) kinders groot te maak. Maar haar stiefdogter, Rebecca (Blanchard), wil niks van haar weet nie, terwyl haar bleeksiel-stiefseun, Cecil (Cook), uit almal se pad probeer bly.

Toe die bose Timekeeper (Piven) die tyd stadiger laat verloop, word Rebecca en Cecil as spioene gewerf om hom te probeer keer.

Of jy hierdie vierde fliek in die Spy Kids-reeks sal geniet, sal onder meer daarvan afhang of jy poefie-grappe kan verduur.

Die openingstonele met die hoogswanger Marissa wat teen die Timekeeper veg, voorspel niks goeds nie. Tog laat die twee oulike kinders jou hart vermurwe.

Danksy die regisseur se wilde verbeelding is die storie onvoorspelbaar. Die tong-in-die-kies-oomblikke en lawwe spioenasie-uitvindsels maak die fliek prettig.

Bonus: hope ekstras, onder meer kortflieks en uitgesnyde tonele.

Volg Huisgenoot op Twitter.