Wetenskapsfiksie-riller.

Met Jake Gyllenhaal, Michelle Monaghan, Vera Farmiga en Jeffrey Wright.

Regie: Duncan Jones.

2011. 89 min.

13TG.

Ons dink: 3/5 

Die soldaat Colter Stevens (Gyllenhaal) word in die lyf van ’n ander man op ’n trein wakker. Ná agt minute ontplof die trein en word hy by die “regte wêreld” ingesuig.

Dan hoor hy hy kan danksy ’n sekere proses die laaste agt minute van iemand se lewe herleef.

Die mense op die trein is in ’n bomontploffing dood en hy kan hulle nie red nie. Maar hy moet die bomplanter kry, want dié beplan nog ’n aanval.

Terwyl hy die agt minute herleef, raak Colter op ’n ander passasier (Monaghan) verlief en hy begin hoop hy kan tog die gebeure verander.

Wanneer ’n wetenskapsfiksiefliek se storie om ’n tydreis en parallelle wêrelde draai, verwag jy die temas sal op ’n briljante manier en met baie kinkels verken word. Ongelukkig is die fliek nie slim genoeg nie en kan jy die bomplanter maklik uitken. Die akteurs wen jou simpatie, maar die einde laat jou kopkrap.

Bonus: kommentaar, kortflieks.

Volg Huisgenoot op Twitter.