Ons dink: 3/5

2011. 129 min.

13G.

Aksie/avontuur.

Robert Downey jr. en Jude Law keer terug as die speurder en sy helper, dr. Watson. Al is dié pas getroud, dwing Holmes hom om te help keer dat ’n bose professor (Jared Harris) ’n oorlog ontketen.

Dié dolle, aksiebelaaide avontuur beweeg van Londen na Parys en dan Switserland. Holmes se eksentrieke broer (Stephen Fry) en ’n sigeuner-fortuinverteller (Noomi Rapace) sit ook hand by.

Die storie is soms moeilik om te volg, maar die regisseur, Guy Ritchie, se aksietonele is ’n belewenis, die dialoog pittig en die akteurs, veral Downey, op hul stukke.

Volg Huisgenoot op Twitter.