Gesinsdrama.

2010. 118 min.

Met Diane Lane en John Malkovich.

Regie: Randall Wallace.

O.

Ons dink: 3/5

Die fliek is op ’n ware verhaal gegrond en gaan oor Penny Chenery (Lane) wat ná haar ma se dood op haar pa se plaas gaan woon.

Daar beland sy in die wêreld van perde grootmaak, oplei en hulle laat resies hardloop.

Sy sukkel om haar pligte as huisvrou en ma opsy te skuif terwyl sy met die hulp van die eksentrieke perde-afrigter

Lucien Laurin (Malkovich) die leisels op die plaas oorneem.

Dan word ’n nuwe vulletjie, Big Red, gebore en dit word gou duidelik hy gaan ’n baie talentvolle resiesperd wees.

In ’n bedryf wat grotendeels deur mans oorheers word, probeer sy kop bo water hou terwyl haar pa sterf, mense Red probeer koop en die plaas ál dieper in die skuld beland.

Dan waag sy ’n kans en skryf Big Red vir ’n groot perderesies in . . .

Lane en Malkovich se spel is in die kol en dit sorg vir ’n roerende, inspirerende en uiters vermaaklike fliek.

Bonus: kortflieks, uitgesnyde tonele, musiekvideo.