Drama.

Met Paul Loots, Andrew Thompson, Rika Sennett, Deon Lotz, John-Henry Opperman, Altus Theart en Lida Botha.

Regie: Paul Eilers.

2011.

115 min. 16GTS.

Ons dink: 3/5

Die lewe van die mense in ’n spoorweggemeenskap volg ’n sekere roetine en dit word nie maklik versteur nie.

Die roepman, wat die spoorwegwerkers elke oggend roep om werk toe te gaan, sorg dat alles bly soos dit is. Of so glo klein Timus (Loots), die hoofkarakter in hierdie drama.

Maar niks kan altyd dieselfde bly nie, en kinderonskuld is iets wat nie lank hou nie.

Timus kom dit gou agter en leer die weë van die grootmenswêreld ken deur sy verhoudings met sy gesinslede en sogenaamde vriende.

Baie mense bestempel hierdie fliek as ’n nuwe baken vir Afrikaanse rolprente. En dit kan dalk wees. Maar iets kort steeds.

Die toneelspel is oortuigend en die draaiboek stewig, maar dit bly ’n storie en dring nooit werklik tot jou deur nie.