Animasie-musiekprent.

2011. 93 min.

Stemme: Jesse Eisenberg, Anne Hathaway en Jemaine Clement.

Regie: Carlos Saldanha.

O.

Ons dink: 4/5

Nadat stropers hom in die Brasiliaanse oerwoud gevang het, word Blu (stemwerk deur Eisenberg), ’n skaars blou arapapegaai, ’n troeteldier in Amerika.

’n Voëlkenner vra sy eienaar om Blu na Rio de Janeiro te neem sodat hy met ’n vroulike blou arapapegaai, Jewel (Hathaway), kan paar en die spesie van uitsterwing red.

Jewel wil hê hulle moet na die oerwoud ontsnap, maar Blu het nooit leer vlieg nie en hulle kom nie ver nie. Intussen is booswigte agter die waardevolle voëls aan en ’n avontuur vol aksie, romanse en lekker musiek volg – dis karnavaltyd in Rio.

Die stemme van die animasiekarakters is deurslaggewend vir hul sukses. Jesse Eisenberg gee Blu sy kenmerkende kermkous-tienerbleeksiel-persona en Jemaine Clement is uitstekend as Nigel, die skurke se bose handlangervoël.

Die animasie is uit die boonste rakke, die voëls skouspelagtig en die samba- en bossa nova-ritmes aansteeklik. Dis ’n goedvoelfees propvol pret.

Bonusmateriaal: musiek-video’s, uitgesny tonele.

Volg Huisgenoot op Twitter.

LOER GERUS hier na die amptelike lokprent