Ons dink: 3/5

2011.

144 min. 13OTG.

Wetenskapsfiksie.

Teken in op Huisgenoot

Dié vermaaklike maar voorspelbare gesins-fliek speel af in ’n toekoms waar robotte die bokswêreld oorgeneem het.

Dit gaan oor Charlie (Hugh Jackman), ’n oudbokser wat ’n promotor geword het en sukkel om sy skuld af te betaal. Hy word verplig om tyd deur te bring saam met sy vervreemde 11-jarige seun, Max (Dakota Goyo).

Dié kry ’n ou skermrobot op ’n rommelhoop en vra sy pa om hom af te rig.

Die klem val nie op die robotte nie, maar op die verhouding tussen pa en seun; daarom sal die aksietonele jou laat saamjuig.

Volg Huisgenoot op Twitter.