Animasie-western.

Stemme: Johnny Depp, Alfred Molina en Bill Nighy.

Regie: Gore Verbinski.

2011. 103 min.

O.

Ons dink: 5/5

’n Troetel-verkleurmannetjie (met Depp se stem) verdwaal in die Mojave-woestyn en beland op ’n mistroostige dorp genaamd Dirt.

Daar herskep hy homself as Rango, ’n held wat ’n vuurwapen rondswaai. So begin ’n legendariese avontuur . . .

Hierdie rolprent is bestem om ’n klassieke fliek te word. Dit vernuwe westerns met sy oorspronklike blik op die genre se clichés, terwyl dit animasie tot nuwe hoogtes voer.

Dis ’n uiters kreatiewe, intelligente kunsfliek met verwysings na ikoniese western-elemente: Sergio Leone se dollar-flieks,  Clint Eastwood se Man with No Name-karakter en selfs Hunter S. Thompson se Fear and Loathing in Las Vegas.

Tog sal die hele gesin aanklank vind by die woestyndiere wat daarin speel en die deurlopende, spannende aksie.

Bowenal vermy dit die stroperige sentimentaliteit wat soveel animasieflieks bederf.

Moet dit nie misloop nie. Rango rock!

Bonus: kommentaar, uitgesnyde tonele en kortflieks, waaronder ’n moetsien-een oor woestyndiere.

Volg Huisgenoot op Twitter.