Avontuur.

Met Johnny Depp, Penélope Cruz, Geoffrey Rush en Ian McShane.

Regie: Rob Marshall.

2011. 131 min.

13OG.

Ons dink: 3/5

Johnny Depp keer terug as die grootpraterige kapt. Jack Sparrow in die vierde aflewering in die Pirates of the Caribbean-fliekreeks.

Hierdie keer soek Jack na die fabelagtige fontein van die jeug.

Sy ou liefde, die vurige seerower Angelica (Cruz), soek ook daarna en laat Jack met ’n slenter op die seerower Blackbeard (McShane) se skip beland.

Kort op hul hakke is Spaanse soldate en die Britse vloot onder aanvoering van kapt. Barbossa (Rush). En albei wil keer dat iemand anders eerste by die fontein uitkom.

On Stranger Tides kom nie naby die ander Pirates of the Caribbean-rolprente nie.

Maar al is Jack se sêgoed nie meer so snaaks nie, die swaardgevegte minder aanskoulik en die karakters meer op land as ter see, is dit steeds prettige kykstof. Cruz se Angelica is ’n vars briesie en sy kan net so lekker soos Jack gekskeer en ’n swaard rondswaai.

Bonus: kortfliek, blapse.

Volg Huisgenoot op Twitter.