Misdaadkomedie.

Met Kenneth Nkosi, Rapulana Seiphemo en Nick Boraine.

Regie: Jann Turner.

2011. 90 min.

13OG.

Ons dink: 3/5

Met White Wedding het NkosiSeiphemo enTurner gewys ’n plaaslike komedie kan net so vermaaklik wees soos enigiets wat Hollywood kan opdis. Paradise Stop is minder sprankelend, maar die tema is ook donkerder.

Twee Johannesburgers wat op ’n dorpie in Limpopo beland, word vriende: Potso Mogopudi (Seiphemo), ’n gefrustreerde polisieman wat na Paradise Stop verplaas is nadat hy so amper polisiekorrupsie oopgevlek het, en Ben Khumalo (Nkosi), die eienaar van ’n vulstasie en padkafee wat van sy verlede as lid van ’n roofbende wil wegkom.

Maar kort voor lank haal hul verlede hulle in – met skreeusnaakse maar ook gewelddadige gevolge.

Die fliek is verfrissend vry van die hansworsery wat so algemeen is in plaaslike komedies.

Dit oortuig volkome met sy reguit uitbeelding van die nuwe Suid-Afrika se eienaardighede.

Nkosi en Seiphemo kom tot hul reg as akteurs, Boraine is snaaks as die wit buurman en die draaiboek en regie is knap. Dit word aanbeveel.

Bonus: kortflieks.

Volg Huisgenoot op Twitter!