2011. 103 min.

13.

Drama.

Ons dink: 2/5

Op 15 Julie 1988, toe die leergierige Emma (Anne Hathaway) en die sorgelose Dexter (Jim Sturgess) graad vang, spring hulle amper saam in die bed.

Maar toe besluit hulle om liewer vriende te wees. Daarna kry ons hulle verskeie kere op hierdie datum in die volgende 20 jaar te sien: Hul paaie kruis en draai weer uitmekaar.

Hierdie spronge na dieselfde dag oor 20 jaar gee die karakters ruimte om te ontwikkel en hulle voel na regte mense.

Maar soveel word uitgelaat dat jy net ’n oppervlakkige blik op hul verhouding kry. Die byspelers is uitstekend en die hoofspelers het ’n goeie rapport met mekaar. Net jammer die kinkel teen die einde laat ’n mens voel jy word verkul.

Volg Huisgenoot op Twitter.