Romantiese komedie.

2011. 104 min.

Met Natalie Portman, Asthon Kutcher en Kevin Cline.

Regie: Ivan Reitman.

16TSD.

Ons dink: 3/5

Ou kennisse, Adam (Kutcher) en Emma (Portman), loop mekaar raak en besluit om vriende met voordele te word: pelle wat vir seks ontmoet. Maar kort voor lank dreig hul gevoelens om alles te ontspoor.

Die fliek begin as ’n desperate poging tot ’n stuitige sekskomedie, maar ontwikkel tot iets waarby die kyker emosioneel betrokke kan raak.

Die akteurs lyk eers ongemaklik en jy kan sien hulle moet hulle inspan om die dialoog te laat werk wat te hard stout en oorspronklik probeer wees.

Maar die lang speeltyd gee die karakters ruimte vir ontwikkeling en eindelik hoop jy hierdie onpaar paartjie kom tog bymekaar uit.

Dis moeilik om nie van Kutcher se lawwe maar goedhartige Adam te hou nie. Goeie aktrise wat sy is, kry Portman dit reg om Emma se toenemende kwesbaarheid oortuigend en roerend te maak.

Kykers wat ondanks die kras pogings tot humor deurdruk, sal beloon word.

Bonus: kommentaar, kortfliek, uitgesnyde tonele.

Volg Huisgenoot op Twitter.