Ons dink: 3/5

2011. 99 min.

13O.

Drama.

Die film-ikoon Marilyn Monroe (Michelle Williams) kom in Londen aan om in ’n historiese komedie teenoor Laurence Olivier (Kenneth Bra­nagh) te speel.

Nadat haar man, die dramaturg Arthur Miller, skielik vertrek, vergesel ’n ambisieuse handlanger op die stel, Colin Clark (Eddie Redmayne), haar ’n week lank oral waar sy gaan.

Die ster betower Clark, maar Olivier raak ál meer geïrriteerd met haar onvoorspelbare gedrag.

Al is die uitkoms bra oppervlakkig en geyk, is Williams se vertolking van die legende skitterend en die skoongesig-Redmayne boei jou enduit.

Volg Huisgenoot op Twitter.